top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa hou voet by stuk die Nasionale Gesondheidsversekering sal voortgaan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die regering sal voortgaan met die Nasionale Gesondheidsversekering, ondanks toenemende teenkanting en voortdurende regsuitdagings.


Die president en die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het tydens die opening van die nuwe King Nyabela-hospitaal in Middelburg in Mpumalanga gesê die Nasionale Gesondheidsversekering is daarop gemik om gelyke toegang tot gesondheidsorg te bevorder.


Dit moet ook die gaping tussen openbare en private gesondheidsdienste verklein. Ramaphosa sê die regering sal nie van die hervorming afsien nie.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page