Ramaphosa is nie betrokke by HOP-oorhandigingsake nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 4, 2025
- 1 min read
Die Kantoor van die Openbare Beskermer het president Cyril Ramaphosa vrygespreek van bewerings wat verband hou met onreëlmatige optrede en magsmisbruik. Volgens Newskoop het die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, Vrydag ondersoekbevindings oor Ramaphosa en verskeie ander ondersoeke bekend gemaak. Gcaleka se ondersoek het gefokus op Ramaphosa se oorhandiging van ʼn HOP-huis in die Noord-Kaap tydens ʼn ANC-veldtog in Oktober 2022. Ramaphosa is daarvan beskuldig dat hy die grens tussen party en staat oorgesteek het. Volgens die Openbare Beskermer het die ondersoek bevind dat Ramaphosa geglo het dat die huis deur ʼn private skenker gebou is. Gcaleka sê die aantygings teen Ramaphosa kon nie bewys word nie.







Comments