top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa is onder druk om onsekerheid oor die leierskap van die Polisieministerie op te los

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Die Forum for South Africa (Fosa) versoek president Cyril Ramaphosa om die onsekerheid oor leierskap in die Ministerie van Polisie dringend op te los.


Die organisasie wil hê dat die president moet besluit oor die status van die waarnemende minster van Polisie, Firoz Cachalia, en die geskorste minister, Senzo Mchunu.


Mchunu is verlede jaar op spesiale verlof geplaas nadat hy daarvan beskuldig is dat hy met kriminele figure saamgesweer het en ingemeng het met hoëprofielondersoeke.


Fosa hou vol dat Ramaphosa óf Cachalia se aanstelling permanent moet maak óf die huidige leierskap sonder verdere vertraging moet vervang.


Dit sê die regering se onvermoë om oor die saak te besluit, kom terwyl Suid-Afrikaners hoë vlakke van geweldsmisdaad, insluitend moord en kapings, in die gesig staar.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page