Ramaphosa is op ‘n staatsbesoek in Brasilië
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 9
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het in Brasilië aangekom vir ’n staatsbesoek waar hy samesprekings met sy eweknie, president Luiz Inácio Lula da Silva, sal voer.
Volgens SABC News sal die besoek fokus op die versterking van diplomatieke en politieke bande tussen die twee lande, asook op die uitbreiding van handel en ekonomiese samewerking.
Suid-Afrika en Brasilië het reeds in 2010 ’n strategiese vennootskapsooreenkoms onderteken en is ook saam lede van internasionale forums soos die G20, IBSA en BRICS.
Die twee leiers sal onder meer samewerking op gebiede soos verdediging, energie, mynbou, sport en toerisme bespreek.
Ramaphosa sal ook die Suid-Afrika-Brasilië sakeforum toespreek.








Comments