top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Ramaphosa kan gevra word om voor die Parlement te verskyn'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 5
  • 1 min read

Regsadvies aan die Parlement dui daarop dat President Cyril Ramaphosa net soos enige ander getuie ontbied kan word om voor die Parlement te verskyn.


SABC-nuus berig die Afsettingskomitee is besig met die finalisering van sy administratiewe werk. Dit volg nadat die hooggeregshof in Kaapstad beslis het dat geen getuienis aangehoor kan word voordat die president se aansoek vir die hersiening van die Artikel 89 onafhanklike paneelverslag, afgehandel is nie.


Die komitee het verlede week regsadvies aangevra oor of die president self moet getuig.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Britannica
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Britannica

 
 
 

Comments


bottom of page