Ramaphosa keur 'n salarisverhoging vir ministers goed
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 20
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het ‘n salarisverhoging van 3,8% vir ministers, adjunkministers en lede van die parlement goedgekeur.
Business Tech berig dié verhoging bo inflasie volg op ‘n aanbeveling deur die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers. Die kommissie het ‘n verhoging van 4,1% voorgestel, maar die finale verhoging vir die nasionale uitvoerende gesag en die parlement was effens laer.
Provinsiale wetgewers sal die volle verhoging van 4,1% ontvang, gebaseer op verbeterde inflasietendense verlede jaar.







Comments