Ramaphosa kom Bloemfontein toe
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 23
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sal Bloemfontein vir die nasionale Vryheidsdagvieringe besoek.
Volgens die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sal Ramaphosa die hooftoespraak lewer tydens die geleentheid.
Die viering vind op 27 April by die Dr Rantlai Molemela Stadium plaas.
Die tema vir vanjaar se Vryheidsdag is “Vryheid en die oppergesag van die reg – dertig jaar van demokratiese burgerskap.”
Volgens die departement herdenk die dag die aanvaarding van die Grondwet en die land se demokratiese vooruitgang.








Comments