Ramaphosa meen die redes tot sy besluit om die NGV te onderteken is vertroulik

Jun 3, 2025
1 min read
President Cyril Ramaphosa sê die redes tot sy besluit om die die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te onderteken is vertroulik. Hy het die Konstitusionele Hof genader vir verlof om ‘n hooggeregshofuitspraak oor die NGV-wet te appelleer. Die hof het in Mei bevind sy besluit om die wetsontwerp te onderteken is hersienbaar, en het hom beveel om die rekord van wat tot sy besluit gelei het, aan die hof voor te lê. Die president voer verder aan die nie-openbaarmaking van die rekord verhinder geensins partye om steeds ‘n grondwetlikheidsuitdaging teen die wetgewing te loods nie.








Comments