top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa moet die Blind SA-saak se regskoste betaal

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 8, 2025
  • 1 min read

Die Konstitusionele hof het president Cyril Ramaphosa beveel om die regskoste van die Blind SA-saak te betaal. Die sittende regters van die hof het eenparig bevind dat slegs die president die kennis en mag gehad het om die litigasie te voorkom. Dié hof het voorheen dele van die Outeursregwet as ongrondwetlik verklaar, wat weens kopiereg dit moeilik tot onmoontlik gemaak het vir gestremde mense om toegang te kry tot boeke en ander studiemateriaal. Die sperdatum van twee jaar om die wetgewing reg te stel, het verstryk met die wetsontwerp wat steeds op die president se lessenaar gelê het.

 
 
 

Comments


bottom of page