top of page

Ramaphosa moet moontlik voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 21 hours ago
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa kan moontlik gedwing word om te getuig voor die parlement se ad hoc-komitee wat bewerings van polisiekorrupsie ondersoek.


Die komitee het Maandag die meeste van sy tyd bestee aan die vraag of die president persoonlik moet verskyn of ‘n beëdigde verklaring moet indien.


Die komitee se voorsitter, Soviet Lekganyane, sê die president se naam sal na die parlement se regspan verwys word vir assessering. Die span sal besluit of die president persoonlik of skriftelik moet getuig.


Die komitee moet sy werk voltooi voor die sperdatum van 20 Februarie.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page