'Ramaphosa moet sy verhouding met Afrikaners verduidelik'
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 18
- 1 min read
Die tyd het aangebreek vir president Cyril Ramaphosa om duidelikheid te gee oor sy regering se verhouding met Afrikaners en minderhede. Dit aldus die leier van die VF Plus, Corné Mulder.
Mulder sê voorts Afrikaners is bereid om te help om Suid-Afrika se uitdagings aan te spreek, mits bestaande geskille openlik hanteer word. Hy het Dinsdag tydens die debat oor die Staatsrede gesê samewerking is moontlik, maar vereis gelyke behandeling en erkenning van minderheidsregte.
Mulder het die regering ook gekritiseer oor waterbestuur, buitelandse beleid en transformasiebeleide.







Comments