Ramaphosa moet verantwoordelikheid vir die Onteieningswet aanvaar
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 20
- 1 min read
AfriForum sê die feit dat president Cyril Ramaphosa erken het dat ’n gedeelte van die nuwe Onteieningswet moontlik ongrondwetlik is, bevestig hul vroeëre kommer oor die wet.
Die president het in hofstukke wat deel vorm van AfriForum se saak teen die wet, erken dat Artikel 19 verkeerdelik bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat ’n grondeienaar dit in die hof kan betwis.
Die organisasie beweer die president het die wet onderteken ten spyte van hierdie moontlike grondwetlike gebreke.
Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die president moet verantwoordelikheid aanvaar vir die skade wat die ondertekening van die wet aan die land se reputasie gedoen het.



Comments