top of page

Ramaphosa erken die onteieningswet is ongrondwetlik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 19
  • 1 min read

Pres. Cyril Ramaphosa het onder eed erken dat artikel 19 van die omstrede Onteieningswet ongrondwetlik is, omdat dit “foutiewelik” bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat die grondeienaar die saak in die hof kan betwis.


Ramaphosa vra dat die Wes-Kaapse hooggeregshof óf die bewoording van die artikel verander óf dit ongrondwetlik verklaar.


In ’n beantwoordende verklaring op die onderskeie hofsake van sy koalisievennoot die DA, die burgerregtegroep AfriForum en die Vaderland-stigting, erken Ramaphosa dat indien artikel 19 van die Onteieningswet saam met ander artikels gelees word, dit ’n “sirkelvormige proses” skep wat hierdie bepalings “nietig” kan verklaar omdat dit so “vaag” gestel is.


Ramaphosa sê die praktiese uitwerking is dat ’n hofproses om die bedrag en betaling van vergoeding te bepaal nie kan begin voordat ’n kennisgewing van onteiening uitgereik is nie. Maar ’n kennisgewing van onteiening kan nie uitgereik word waar die bedrag van vergoeding betwis word, totdat ’n hof die bedrag van vergoeding bepaal het nie.


Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, verwelkom dié erkenning. Hy sê die hof is egter in hierdie geval nie by magte om self die wetgewing te wysig nie.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page