Ramaphosa onderteken die Wetsontwerp op Onteiening
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 24
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het die Wetsontwerp op Onteiening onderteken. Die wet het ten doel om plaaslike, provinsiale en nasionale owerhede te help om grond in die openbare belang te onteien. Die wet herroep die 1975 Onteieningswet en sit die prosesse en prosedures vir die onteiening van eiendom deur staatsentiteite uiteen. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê onteiening mag slegs plaasvind as die onteieningsowerheid nie ‘n ooreenkoms met ‘n eiendomseienaar bereik nie. LUISTER HIER:





Comments