top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa onderteken twee wetsontwerpe

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 28, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het twee wetsontwerpe onderteken, een ten opsigte van die bewaring en ontwikkeling van landbougrond en die ander om te voorkom dat skepe die see besoedel. Maroela Media berig die een deel van die wetgewing is daarop gemik om te verseker landbougrond word beskerm - om sodoende langtermyn-voedselproduksie volhoubaar te maak. Die wysigingswetsontwerp op mariene besoedeling bied op sy beurt strenger maatreëls om oseane teen besoedeling te beskerm. Dit gee onder meer aandag aan die behandeling en veilige wegdoening van riool wat van skepe afkomstig is.

 
 
 

Comments


bottom of page