top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa oorweeg Afrikaner vir VSA-pos

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 22, 2025
  • 1 min read

Die ANC is glo verdeeld oor president Cyril Ramaphosa se moontlike aanstelling van ’n Afrikaner as Suid-Afrika se nuwe ambassadeur in die VSA. Volgens bronne binne die party word dit beskou as ’n poging om betrekkinge met president Donald Trump te herstel ná sy kritiek op die behandeling van boere in Suid-Afrika. IOL berig dat twee name wat genoem word ’n voormalige minister van verdediging, Roelf Meyer,  en voormalige NP-leier en minister van toerisme, Marthinus van Schalkwyk,  insluit. Die saak is nog nie amptelik deur die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, bespreek nie, maar partylede verskil oor of só ’n aanstelling nie Afrikaner-klagtes oor diskriminasie sou bevestig of versterk nie.

 
 
 

Comments


bottom of page