top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa sal nie afsettingskomitee se werk stop nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 1
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie 'n interdik aanvra om die parlement se afsettingskomitee te keer om met sy voorbereidende werk voort te gaan nie.


Die komitee sal na verwagting Maandag sy eerste vergadering hou waartydens 'n voorsitter verkies sal word.


Ramaphosa het intussen die Hooggeregshof genader om die verslag van die onafhanklike Artikel 89-paneel te laat hersien en tersyde te stel.


Die paneel het bevind dat die president moontlik oortredings gepleeg het in sy hantering van die Phala Phala-saak in 2020.


Ramaphosa sê hy sal slegs 'n dringende interdik teen die komitee aanvra indien dit besluit om met die afsettingsproses voort te gaan.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page