Ramaphosa sal ná die Madlanga-kommissie teen Mchunu optree
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 23
- 1 min read
Die Presidensie het herhaal dat President Cyril Ramaphosa teen die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, sal optree nadat die Madlanga-kommissie van ondersoek sy werk voltooi het.
Ramaphosa het die kommissie gestig om beweerde misdadigheid, politieke inmenging en korrupsie in die land se strafregstelsel te ondersoek. Mchunu is op spesiale verlof geplaas nadat hy daarvan beskuldig is dat hy bande met kriminele figure het.
Daar word verwag dat Mchunu steeds na die kommissie moet terugkeer om te antwoord op sommige van die bewerings teen hom.







Comments