Ramaphosa se afsettingsaansoek gaan hof toe
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 15
- 1 min read
Die voorsitter van die Afsettingskomitee, Makashule Gana, sal ’n hofverhoor bywoon wat verband hou met president Cyril Ramaphosa se dringende interdik-aansoek.
Die aansoek sal Woensdag en Donderdag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof aangehoor word. Dit poog om die parlement se afsettingsprosedures teen hom te staak hangende ’n geregtelike hersiening van die Artikel 89-onafhanklike paneelverslag.
Die verslag het bevind dat Ramaphosa moontlik ’n saak het om te beantwoord rakende die diefstal van buitelandse valuta van sy Phala Phala-wildplaas in 2020.
Hoewel die president aanvoer dat hy onherstelbare skade sal ly as die afsettingsprosedures voortduur, sê Gana die komitee se werk moet voortgaan.
LUISTER HIER:
Makashule Gana








Comments