top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa se swaer wil nie president wees nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 23
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa se swaer het spekulasie dat hy hom eendag dalk vir die land se presidentskap beskikbaar sal stel, van die hand gewys.


Daar is al verskeie kere in die Suid-Afrikaanse media berig dat die mynmagnaat en miljardêr Patrice Motsepe 'n moontlike opvolger vir Ramaphosa kan wees.


Maroela Media berig Motsepe het egter gesê Suid-Afrika het hom nie nodig in die politiek nie, aangesien daar heelwat baie bekwame en goeie leiers in die land is.


Motsepe, wat ook die sokkerspan Mamelodi Sundowns besit, sê ook hy het geen begeerte of ambisie om president van FIFA te wees nie. Hy sê hy bly gefokus op sy rol aan die stuur van die Konfederasie vir Afrika-sokker (CAF), wat tot 2029 duur.


Patrice Motsepe. FOTO: Getty Images
Patrice Motsepe. FOTO: Getty Images

 
 
 

Comments


bottom of page