top of page

Ramaphosa spreek mans in BFN toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 4, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 5, 2025

President Cyril Ramaphosa is Donderdag, 4 Desember, in Bloemfontein om die hooftoespraak by die Vrystaatse Provinsiale Mans Indaba te lewer.


Luidens ‘n mediaverklaring van die Presidensie vind die Indaba by die Limo Green-park plaas.


Die vlagskip geleentheid van die 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog, is daarop gemik om mans en seuns as aktiewe vennote in die stryd teen Geslagsgebaseerde Geweld en Vrouemoord te mobiliseer.


Die geleentheid bring meer as 4 000 deelnemers van diverse sektore bymekaar.


Dit sluit in die regering, politieke partye, geloofsgebaseerde organisasies, die sportgemeenskap, die burgerlike samelewing en jong mans van regoor die Vrystaat.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Skermgreep
Cyril Ramaphosa. FOTO: Skermgreep

Comments


bottom of page