Ramaphosa sê burgers sal die uitkoms van die Nasionale Dialoog bepaal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê burgers sal die uitkoms van die Nasionale Dialoog bepaal.
Hy het Dinsdag voor die Nasionale Vergadering verskyn om mondelinge vrae te beantwoord.
Hy sê die uitkomste sal nie deur die president of enigiemand in die Nasionale Vergadering bepaal word nie.
Die president voeg by dat dit gesien moet word as ‘n gestruktureerde proses waar mense bymekaarkom om oor die toekoms van hul land te beraadslaag.





Comments