top of page

Ramaphosa sê die bewerings teen Mchunu is ernstig, maar ongetoets

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa sê die bewerings van inmenging en pogings om die politiekemoorde-taakspan te ontbind teen die minister van polisie, Senzo Mchunu, is ernstig, maar ongetoets.

Volgens Maroela Media sê hy dit is noodsaaklik dat feite deur ’n onafhanklike en geloofwaardige proses vasgestel word om aanspreeklikheid te verseker.

Die Universiteit van die Vrystaat se Theo Neethling sê Suid-Afrikaners het vertroue in dié soort kommissies verloor.

Ramaphosa sê egter as hy dadelik teen die minister op grond van ongetoetste bewerings opgetree het, dit onregverdig sou wees en ’n gevaarlike presedent skep.

 
 
 

Comments


bottom of page