Ramaphosa sê grondrestitusie is ‘n historiese oorwinning
- Saamgestel deur Jana Roos

- 48 minutes ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê die oorhandiging van grondtitelaktes dui op die vervulling van Suid-Afrika se grondwetlike belofte om grond terug te gee aan gemeenskappe wat na 1913 onteien is.
Ramaphosa het Vrydag 300 titelaktes vir laekostebehuising aan inwoners in die Ratlou Plaaslike Munisipaliteit in die Noordwes oorhandig.
Hy het die oomblik beskryf as die hoogtepunt van ‘n lang stryd om grondregte. Ramaphosa sê die oorhandiging verseker dat gemeenskappe uiteindelik kan sê die grond behoort aan hulle en voorkom toekomstige diskriminasie gebaseer op ras of agtergrond.








Comments