Ramaphosa sê hy kan sy tyd neem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa sê hy kan sy tyd neem om enige voorstelle oor ministeriële veranderings in die Regering van Nasionale Eenheid te oorweeg.
In 'n onderhoud met eNCA het Ramaphosa gesê politieke partye kan voorstelle maak oor ministers, maar dat dit uiteindelik sy verantwoordelikheid is om aanstellings te maak.
Die opmerkings volg kort nadat Rosestad-nuus berig het dat die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, veranderings aan die party se ministeriële en adjunkministeriële verteenwoordiging voorgestel het.
Volgens dié voorstel sal John Steenhuisen as minister van landbou vervang word deur Willie Aucamp.
Ramaphosa sê hy moet die verskillende aspekte van enige versoek oorweeg voordat 'n besluit geneem word.








Comments