Ramaphosa sê Masemola se herinstelling was ’n uitgemaakte saak

Oct 17
1 min read
President Cyril Ramaphosa sê generaal Fannie Masemola se herinstelling as die nasionale polisiekommissaris was ’n uitgemaakte saak nadat aanklagte teen hom teruggetrek was.
Ramaphosa het Masemola geprys omdat hy die prosesse gerespekteer het terwyl hy met verlof was. Hy het ook luitenant-generaal Puleng Dimpane bedank vir haar werk as waarnemende kommissaris.
Ramaphosa sê die bevindings van die Madlanga-kommissie sal help om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te versterk en te hervorm, ten einde ’n getransformeerde polisiediens te bou wat die belange van die publiek dien.
LUISTER HIER:
President Cyril Ramaphosa









Comments