top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa sê selfs wit mense kies ‘n Mangaung-township

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê dit gaan so goed in 'n township in Mangaung dat selfs wit mense daar kom woon.


Netwerk24 berig Ramaphosa het as deel van 'n ANC-veldtog om stemme te werf voor die munisipale verkiesing mense in hul huise besoek. Hy het by Andrew en Levina Pagel gaan inloer by hul Hop-huis in Hillside View in Mangaung.


Die egpaar sê hulle woon reeds ses jaar daar, nadat huur in die stad te duur geword het en hulle die Hop-huis gekry het. Die egpaar sê hulle bly lekker en het nie probleme nie.


Hulle het wel aan Ramaphosa gesê hulle sal 'n kliniek en ’n polisiekantoor wil hê, asook 'n winkelsentrum.


Ter illustrasie. FOTO: Private Property
Ter illustrasie. FOTO: Private Property

 
 
 

Comments


bottom of page