top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa, Trump kom weer byeen

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 10, 2025
1 min read

Pres. Cyril Ramaphosa beplan om die naweek nog gesprekke met sy Amerikaanse ampsgenoot, pres. Donald Trump, te voer.

Hulle het in Mei in die Withuis bymekaar gekom, en volgens Netwerk24 praat die twee lande nou oor handel tussen hulle.

LEES MEER: 

Intussen is Ramaphosa deur Kanada genooi om die G7-leiersberaad by te woon.

Ramaphosa sê die G7 bied die geleentheid om die land se boodskap oor te dra oor Suid-Afrika se presidentskap van die G20-leiersberaad in November in Johannesburg.

Hy het gesê hy gaan bilaterale vergaderings leiers van onder andere Kanada en Duitsland, sowel as Trump hou.

Hoewel Trump nog nie bevestig het of hy die G20-leiersberaad gaan bywoon nie, het Ramaphosa toegegee die G20 sonder Amerika sal nie so doeltreffend wees nie.

 
 
 

Comments


bottom of page