top of page

Ramaphosa verander die beperkings op skenkings aan politieke partye

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 20, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het veranderinge aan die beperkings op skenkings aan politieke partye aangebring. Volgens Netwerk24 kan ‘n skenker nou R30 miljoen per jaar aan ‘n politieke party skenk – dit was voorheen R15 miljoen per jaar. Die drempel vir die verklaring van skenkings is ook verdubbel van R100 000 na R200 000. Ramaphosa sê in die proklamasie, wat vroeër die week in die Staatskoerant gepuliseer is, hy voer die resolusie uit wat op 20 Mei vanjaar deur die Nasionale Vergadering aanvaar is. Die organisasie My Vote Counts het voorheen kapsie teen die wetgewing gemaak. Hulle aansoek om die grontwetlikheid van die wet uit te daag, is vroeer vanjaar in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor en uitspraak oor die aangeleentheid word vewag.

 
 
 

Comments


bottom of page