top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa verdedig minister van finansies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 2, 2025
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het te midde hierdie jaar se begrotingsfiasko sy minister van finansies, Enoch Godongwana, verdedig. Die president het die kwessie van die ongekende begrotingsdooiepunt op die kantlyn van die vakbond COSATU se herdenking van Werkersdag in Mpumalanga aangespreek. Hy sê die minister se werk is om begrotings bekend te stel wat nie noodwendig altyd gewild gaan wees nie. Godongwana staar moontlike ondersoeke in die gesig ná twee mislukte pogings om die 2025-begroting ter tafel te lê, wat voorstelle vir ‘n BTW-verhoging ingesluit het.

 
 
 

Comments


bottom of page