Ramaphosa verwelkom ‘huursoldate’ terug uit Rusland
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 25
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa verwelkom die terugkeer van die Suid-Afrikaanse mans wat na die gevegslinie tussen Rusland en Oekraïne gelok is.
Van die 17 mans is vier reeds terug in die land, terwyl 11 binnekort op pad huis toe sal wees.
Twee bly in Rusland, met een in ‘n hospitaal in Moskou, terwyl die ander een verwerk word voordat sy reisreëlings gefinaliseer word.
Ramaphosa het sy hartlike dank teenoor president Wladimir Poetin uitgespreek.
Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die ondersoek na die omstandighede wat gelei het tot die werwing van die jong mans vir huursoldaataktiwiteite is aan die gang.








Comments