top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa vol vertroue dat nuwe regering sal slaag

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 14, 2024
1 min read

President Cyril Ramaphosa sê hy is steeds vol vertroue dat die regering van nasionale eenheid sal slaag. Die president het Vrydag die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette onderteken. LEES MEER: Bela: AfriForum gaan regstappe teen regering neem Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het nie die ondertekeningseremonie van die wet bygewoon nie. Die minister se party, die DA, het teenkanting teen die wet uitgespreek en na bewering gedreig om die regering van nasionale eenheid te verlaat as dit onderteken word. Ramaphosa sê egter as enige party die regering van nasionale eenheid verlaat, sal hulle Suid-Afrikaners teleurstel.

 
 
 

Comments


bottom of page