top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Ramaphosa wil die Onteieningswet-saak van die hand laat wys

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 6
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het die Wes-Kaapse Hooggeregshof versoek om die uitdaging teen die Onteieningswet van die hand te wys. Die DA, AfriForum en die Vaderland Stigting betwis dié wet.


Ramaphosa se regsverteenwoordigers het die hof meegedeel dat die Onteieningswet nie grondwetlik inbreuk maak op eiendomsregte nie. Die wet bepaal dat daar, in uitsonderlike omstandighede, geen vergoeding vir onteiende eiendom betaal hoef te word nie.


Ramaphosa se regsverteenwoordigers sê dié beperking moet steeds voldoen aan die grondwetlike vereiste van ’n billike afweging van regte en belange.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page