top of page

Ramaphosa wil steeds handelsbande by G7-beraad versterk

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 18
  • 1 min read

Ten spyte daarvan dat Amerikaanse president Donald Trump hom vroeg uit die G7-beraad in Kanada onttrek het, sê president Cyril Ramaphosa Suid-Afrika bly verbind daartoe om die land se handelsbande met die magtige G7-lidlande te bevorder.

Netwerk24 berig Trump het die beraad vroeg verlaat, terwyl die konflik tussen Israel en Iran toeneem, en Trump verklaar het dat Teheran, die hoofstad van Iran, onmiddellik ontruim moet word.

Die G7 is die wêreld se grootste handelsforum en is verantwoordelik vir meer as 25 persent van die wêreld se Bruto Binnelandse Produk.

Die presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die G7 is ‘n belangrike platform vir die nastreef van handelsoplossings en vennootskappe.

Magwenya sê ook Ramaphosa werk daaraan om die G20-presidentskaps-temas met die G7-temas in lyn te bring.

LUISTER:

 
 
 

Comments


bottom of page