top of page

Ramaphosa wys kritiek oor swart ekonomiese bemagtiging van die hand

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 8
  • 1 min read

President Cyril Ramaphosa het kritiek dat die regering se swart ekonomiese bemagtigingsbeleid (SEB) ekonomiese groei belemmer van die hand gewys. Sy opmerkings volg op hernieude kritiek van die DA asook die Trump-administrasie. Die president het Vrydag by die Black Business Council-beraad gala en toekenningsdinee in Kempton Park in Johannesburg gepraat. Volgens Ramaphosa is dit 'n valse idee dat Suid-Afrika tussen groei en transformasie moet kies, maar dat albei gelyktydig nagestreef moet word. Ramaphosa het verder gesê dat alhoewel daar tussen 2006 en 2025 groei van 46% in die huishoudelike inkomstes van swart Suid-Afrikaners was, die inkomste van wit huishoudings steeds bykans 5 keer meer is. Ramaphosa sê dat alhoewel hulle vordering maak is diegene wat voorheen bevoordeel was steeds ver voor, en is dit hulle wat kla oor gelyke indiensneming en swart ekonomiese bemagtiging.

 
 
 

Comments


bottom of page