top of page

Ramokgopa se departement hersien die prysbeleid van elektrisiteit

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 7
  • 1 min read

Die minister van eletrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, se departement is besig om die prysbeleid vir elektrisiteit te hersien en hoop om die werk in die eerste helfte van volgende jaar te voltooi.

Hy sê die koste van elektrisiteit moet dringend aandag kry, want mense kan dit eenvoudig nie meer bekostig nie.

Maroela Media berig Ramokgopa sê die energiereguleerder Nersa het nie die vermoë wat nodig is in die vinnig ontwikkelende Suid-Afrikaanse kragverskaffingsbedryf nie en moet versterk word met ekstra vaardighede.

Hy het gereageer op Nersa se erkenning die afgelope week dat hy ʼn skikking van R54 miljard met Eskom aangegaan het om Nersa-flaters in Eskom se tariefvasstelling reg te stel. Dit moet nog ʼn bevel van die hof gemaak word.

Die R54 miljard moet egter oor die volgende aantal jare uit verbruikers se sakke kom, tesame met R40 miljard, ná ʼn soortgelyke skikking in Mei wat in die hof bekragtig is.

 
 
 

Comments


bottom of page