Rampahosa sê SA sal die aanbevelings van die WVK implementeer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 13
- 1 min read
President Cyril Rampahosa sê Suid-Afrika is daartoe verbind om die aanbevelings van die Waarheids- en Versoeningskommissie te implementeer.
Suid-Afrika herdenk 30 jaar sedert die kommissie verhore gehou het om menseregteskendings wat tydens apartheid gepleeg is, te ontbloot. Dit het amnestie aanbeveel vir sommige mense wat met inligting vorendag gekom het en om vergifnis gevra het.
Die kommissie het ook aanbeveel dat die regering mense wat misdade tydens apartheid gepleeg het, ondersoek en vervolg.
Die regering word gekritiseer deur die slagoffers van hierdie misdade, wat beweer dat hulle nie die misdade wil vervolg nie.








Comments