top of page

Rampbestuurspanne is na die suidkus gestuur weens skade by vakansiebestemmings

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • Dec 22, 2025
  • 1 min read

Die KwaZulu-Natalse departement van Samewerkende Regering sê rampbestuurspanne is na die provinsie se suidkus gestuur ná oorstromings wat infrastruktuur by verskeie gewilde vakansiebestemmings beskadig het.


SABC-nuus berig swaar reën het Sondag langs die kus van Margate tot by Port Sheptsone voorgekom.


Kitsvloede het skade aan padinfrastruktuur, kommersiële eiendomme en winkelsentrums, insluitend die Shelly Beach-sentrum aangerig.


'n Woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê verskeie paaie word versper deur bome wat omgeval het en sinkgate het gevorm, veral in die Manaba-gebied. Hy sê geen ongevalle is aangemeld nie en nooddienswerkers is besig met opruimingswerk en formele skadeberamings.


Lede van die publiek word aangeraai om laagliggende paaie en oorstroomde brûe te vermy, sowel as gebiede waar sinkgate aangemeld is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page