top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Rand het weens die begrotingskrisis en Trump se Bevrydingsdag verswak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 2, 2025
1 min read

Die rand het Woensdagoggend teenoor die dollar verswak terwyl Suid-Afrika wag op ’n oplossing vir die begrotingskrisis en die moontlike impak van president Donald Trump se 'Bevrydingsdag'. Volgens Netwerk24 was die uitwerking tot en met 23 sent gewees. Moneyweb berig dat volgens die uitvoerende hoof van Makwe Fund Managers, Makwe Masilela, die rand verswak weens onsekerheid oor die begroting en Trump se nuwe invoerheffings. Die begroting bly ’n uitdaging vir die Suid-Afrikaanse regering van nasionale eenheid. Trump het Woensdag, 2 April as "Bevrydingsdag" verklaar en belowe om tariewe – belasting op invoer – in te stel wat hy beweer Amerika se afhanklikheid van buitelandse goedere sal verminder. Trump sal volgens The South African die tariewe Woensdagaand om 22:00 Suid-Afrikaanse tyd aan kondig. Dit kan Suid-Afrika se handel met die VSA beïnvloed en skep onsekerheid oor toekomstige uitvoere.

 
 
 

Comments


bottom of page