Rassisme het nie ‘n plek in die Vrystaat se toerismesektor nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ketso Makume, het die beweerde "onbillike diskriminasie en teistering op grond van ras" teen 'n restaurantkelnerin ten sterkste veroordeel. Hy het volgens Central News verklaar dat rassisme geen plek in die toerismesektor regoor die provinsie het nie. Die voorval, wat verontwaardiging ontlok het en deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek is, word gesien as 'n bedreiging vir die provinsie se pogings om sy toerismebedryf te laat herleef. 'n Voorverhoor is vir eerskomende Vrydag by die Sasolburg se Gelykheids en Landdroshof geskeduleer om die rasse-optrede en uitsprake wat tot die kelnerin se onbillike ontslag gelei het, aan te spreek. Die kommissie se bevindinge sal waarskynlik die hof se verrigtinge beïnvloed, wat 'n presedent kan skep vir hoe soortgelyke sake in die gasvryheidsbedryf hanteer word.





Comments