Reaksie op geweld en boelie-gedrag in skole gaan versterk word
- Nadia Pieters

- Oct 24
- 1 min read
Die Departement van Basiese Onderwys beplan om hul nasionale reaksie op geweld en boeliegedrag in skole te versterk.
Hierdie besluit volg ná die boelie-voorval by Milnerton Hoërskool in die Wes-Kaap.
Minister Siviwe Gwarube het reeds die Raad van Onderwysministers opdrag gegee om te verseker dat geweld en boeliegedrag gesamentlik deur alle provinsies aangespreek word.
Die departement se Lukhanyo Vangqa sê Gwarube het ook haar departement opdrag gegee om te evalueer hoe teen-boelieprotokolle oor provinsies heen geïmplementeer word en om hul doeltreffendheid te evalueer.






Comments