top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Reddingspan gestig om te help om zama zamas uit mynskagte te dryf

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2024
1 min read

‘n Reddingspan is op die been gebring om bystand te beid by die Stilfontein-myn in Noordwes. Dit is die werk van die minister van polisie, Senzo Mchunu, soos die polisie ‘n massiewe operasie bedryf om talle onwettige delwers uit mynskagte te dryf. Maroela Media berig verder die die reddingspan word deur die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Wessels Morweng, gelei. Hy sal onder meer verantwoordelik wees vir die ontwikkeling van ’n omvattende reddingsplan wat kan help om zama-zamas na die oppervlak te bring. Morweng het reeds met verskeie belanghebbendes vergader wat deel van dié reddingspan vorm, insluitend die polisie, distrik- en plaaslike burgemeester, gemeenskapsleiers, myneienaars, myne se tegniese reddingspanne en staatsdepartemente. Daar is vroeër beig duisnde zama-zamas het sedert 18 Oktober geweier om uit mynskagte van die Stilfontein-myn te kom. Meer as 1 000 zama-zamas het reeds die afgelope paar weke na die oppervlak gekom.

 
 
 

Comments


bottom of page