Regering moet herbesin oor hantering van pensioenfondse

Jun 25, 2025
1 min read
Build One South Africa (Bosa) sê die regering moet hersien hoe dit die openbare sektor se pensioenfondse in die land hanteer.
Bosa se leier, Mmusi Maimane, het Dinsdag die parlement toegespreek tydens die debat oor die Wetsontwerp op Openbare Sektor Pensioen en Verwante Betalings.
Maimane sê die wetsontwerp sal die regering aanmoedig om sy verbintenis tot die openbare sektor se pensioenfonds en ander voordeelbetalings na te kom.
Hy het die huidige stelsel gekritiseer en sê dat dit onvoorspelbare patrone het wat lei tot begrotingsaanpassings in die middel van die jaar om verpligtinge na te kom.
Hy sê die wetsontwerp sal hierdie kwessies aanspreek.








Comments