Regeringsdepartemente is gewaarsku om munisipaliteite te betaal
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 28
- 1 min read
Regeringsdepartemente is deur die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Velenkosini Hlabisa, gewaarsku om die geld te betaal wat hulle aan munisipaliteite skuld.
Die minister sê sommige munisipaliteite regoor die land sukkel om te funksioneer weens die fondse wat regeringsdepartemente aan hulle skuld.
Sommige van die departemente versuim al jare lank om hul skuld te vereffen.
Hlabisa voeg by sy departement het reeds die departemente geïdentifiseer wat munisipaliteite skuld.






Comments