Regsadvies moet verkry word oor 'n Pelonomi-ondersoek
- Armando Pieters

- Aug 13
- 1 min read
Nadat die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein ondersoek is, sal regsadvies eers ingewin word voordat 'n besluit geneem sal word oor of die bevindinge bekend gemaak gaan word.
Die ondersoek handel oor 'n verslag van 'n forensiese staatspatoloog, Naas Ferreira, waarin hy dié hospitaal van die beweerde toesmeer van mediese nalatigheid beskuldig.
Dit nadat die 16-jarige Riané Coetzee verlede jaar hier dood is nadat sy glo die verkeerde behandeling ontvang het, en 'n 27-jarige vrou glo dood is weens die onnodige toediening van bloedstollingsmiddels.
Volksblad berig die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Viceroy Mahlatsi, sê die ondersoek het te make met werkgewer-werknemer-verhoudings en kan moontlik inligting van derde partye bevat, en dus moet 'n besluit oor die bekendmaking daarvan geneem word.





Comments