Regshulp berei voor vir ‘n staking
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 15
- 1 min read
Volgens Regshulp Suid-Afrika behoort dienste so ver moontlik voort te gaan ondanks 'n beplande staking later vandeesweek.
Dit volg nadat die regswerkervakbond Salawu kennis gegee het van 'n beskermde staking wat Woensdag en Donderdag sal plaasvind.
Die vakbond is ontevrede oor Regshulp Suid-Afrika se besluit om die aftree-ouderdom op 60 jaar af te dwing in plaas van 65.
Salawu voer ook aan dat prestasiebonusse afgeneem het en dat salarisskale nie voldoende aangepas is nie.
Regshulp Suid-Afrika sê hy neem kennis van die staking, maar verwag om dienste so ver moontlik voort te sit.








Comments