top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Regskwessies vertraag die NGV-implementering

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 13, 2025
1 min read

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het konsepregulasies vir die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gepubliseer, hoewel die betrokke wetgewing nog nie deur president Cyril Ramaphosa afgekondig is nie. The Citizen berig die regulasies bepaal dat die minister alle sleutelaanstellings sal maak, insluitend die NGV-raad en -advieskomitees. Verskeie rolspelers meen dit skep ruimte vir politieke inmenging en dat die NGV onafhanklik moet wees. Die Raad vir Gesondheidsbefondsers en ander organisasies kritiseer die publikasie van die regulasies as voortydig, aangesien verskeie regsgedinge oor die NGV-wet nog hangende is. Daar is kommer oor die haalbaarheid, finansiering en impak op bestaande mediese fondse. Intussen duur die regsgedinge teen die NGV-wet voort.

 
 
 

Comments


bottom of page