'n Regter moet sy staatswoning ontruim
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 9
- 1 min read
’n Regter van die Wes-Kaapse Hooggeregshof, wat glo al jare lank in ’n staatswoning in Kaapstad teen ’n gesubsidieerde huur van net R900 per maand woon, moet ontruim.
Eyewitness News berig Daniel Thulare het oorspronklik daar ingetrek toe hy nog hooflanddros van Kaapstad was.
Sy huurkontrak het egter reeds in Oktober 2018 verval en is nooit hernu nie.
Volgens Thulare het hy nog geen kennisgewing ontvang om die vierslaapkamer-woning te ontruim nie.
Intussen het die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur bevestig dat ’n kennisgewing om die eiendom te ontruim wel aan hom uitgereik is.








Comments