top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Regter verwerp Gericke se verskonings na verdwyning

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11, 2024
1 min read

Na die inhegtenisname van Gericke van der Westhuizen in Bloemfontein kon hy betyds vandag in die Pretoria hooggeregshof verskyn saam met die ander twee Phakathi-moord verdagtes. Van der Westhuizen was vir meer as ‘n maand spoorloos na hy op borgtog vrygelaat was. Hy is by ‘n vriend se Bloemfonteinse damprook-winkel, waar hy gewerk het, opgespoor nadat ‘n persoon van die publiek hom herken het. Van der Westhuizen het saam met Louis Coetzee en Jaco Kemp vandag in die hof verskyn waar hy aan regter Mokhine Mosopa moes verduidelik waarom hy nie aan gemeld het nie. Sy verskonings is deur Mosopa verwerp en daarmee is hy ook sy regsverteenwoordiger kwyt. Van der Westhuizen het sy aansoek om regshulp in die hof voltooi en die saak is tot Maandag uitgestel. Lees ook: Vermisde moordverdagte in Bloemfonteinse rookdamp-winkel gevind.

 
 
 

Comments


bottom of page