top of page

Regulasies oor skoolklaskamergrootte en toelatingsbeleide nou oop vir kommentaar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 7, 2025
  • 1 min read

Die departement van basiese onderwys het twee stelle regulasies vir openbare kommentaar gepubliseer.

Dié regulasies handel breedweg oor klaskamergroottes en toelatingsbeleide van openbare skole na aanleiding van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela), wat laat verlede jaar van krag gekom het.

Business Tech berig die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, beskryf die regulasies as 'n "beduidende mylpaal" in die jarelange proses, wat sy glo inklusiwiteit en gelykheid vir Suid-Afrika se 13,5 miljoen leerders sal bring.

Sy voeg by die regulasies is gepubliseer om te verseker dat die wette in so 'n manier geïmplementeer word wat leerders se regte onderhou, skoolfunksionaliteit verbeter, en verseker daar is 'n balans van magte tussen skoolbeheerliggame en die regering.

 
 
 

Comments


bottom of page